Flower Box

Groot en Klein Handel Blomme, Dekor Verhurings en Koffie Winkel


'n lid van Top Vendor Awards en Mooi Troues

7ac65e42 4a5b-4fff-96d0-4fb663e31b69.jpeg

Flower Box

Meer oor ons

Flower Box het vir ons begin in 'n 3x6m winkelspasie in 2007 . Met pasie ambisie en baie harde werk is ons 10 jaar later Flower Box SA, 'n saambreel van verskeie besighede.

Flower Box Groothandel
Ons het 'n behoefte gesien vir aflewerings aan bloemistes en venues in die plattelandse dorpies van Mpumalanga. Ons koop gemiddeld 3 maal per week direk aan by die Multiflora veiling en vul ook aan by plaaslike boere en invoer agente vir spesiale versoeke.
Vir alle selfdoen projekte soos jaareindfunksies verjaardae kerk en kerssangdienste en selfs troues kan ons vars blomme en alle bloemiste benodigdhede aan winkels kerke skole en venues regoor Mpumalanga direk by die besigheid aflewer wat heel pad in water vervoer word.

Main%20Page%202

Flower Box is die Mpumalanga divisie verskaffer van Super Spar, Nelspruit Crossings en Grove, Secunda Oos en Fivestar, Standerton en Volksrust. Jy kan die Flower Box kwaliteit by enige van die volgende Checkers winkels te koop kry... Ermelo Secunda Mall, Ben Fleur, Saveway en Klipfontein Witbank, Middelburg Mall, Rivedside Mall Nelspruit en Hazyview Junction.

Main%20Page%204

Dekor Verhuring

'n Wye reeks is beskikbaar wat ook afgelewer en opgelaai kan word vir die plaaslike mark asook vir die Mpumalanga area.

'n Verskeidenheid van soorte en kleure blompotte, glasvase silver en goue blombakke houtboksies kandelare eetgerei tafeldoeke lopers servette servetringe sowel as kerse is deel van die verhurings voorraad.

"Ons is trots op die kwaliteit en betroubaarheid van die blomme wat ons lewer. “ Susan Bothma

die aarde lag in blomme

blomme is die liefde se waarste woorde

kitahs koffie winkel

Koffie en koek, maak alles beter

Tussen beide ouma's, Kittie en Johanna, is ons met 'n skatryk erfporsie nagelaat. Hul resepte van heilsame boerekos en keurige fyngebak is die grondslag van ons spyskaart.

Kitah's is as te ware gestig en opgedra aan die twee finominale vroue wat in ons 'n liefde en passie vir bak kook kuier en geniet gekweek het.

Die koffiewinkel is gelee in 'n tradisionele historiese huis met aparte kuierkamers.

Ons kan itieme funksies en vieringe akkomodeer vir ongeveer 50 gaste.

Ons sluit hierby gratis dekor in en blomme kan addisioneel gereël word volgens behoefte en begroting.
Enige geleentheid is 'n kuier geleentheid en ons sien uit om daarvoor gasvrou te wees.

Main%20Page%209

Koeke, quiche fingereetgoed fyngebak asook borde kookkos is vir wegneem of aansit beskikbaar.

Hier streef ons om die boere tradisie voort te sit van lekker kos, 'n gesellige ontspanne atmosfeer om in te kuier asof tyd stilstaan en viendskappe te koester met hartsmense.

Hier is dit nog platteland...

Wat ek koester van die platteland

Die melkkos hier is regte melkkos. Jonges sê nog "Oom" en “Tannie”. Die gemeenskap ken mekaar. Vriende en bure ondersteun mekaar. Jy sien die sterre melkweg in die aand. Niks moet "nou" gebeur nie. Honde en kleuters speel saam. Buite is lekkerder as binne. Hier is amper nêrens tv skerms nie. Mense bel mekaar eerder as epos. Plaas kos is hipper lekker en baie gesond. Die kwantiteite is gladnie gesond nie. Kaggelvuur en wyn is 'n leefstyl. Almal bereik hulle "step goals”. Hulle weet dit nie eers nie. Brood is regte plaasbrood en word self gebak. Melk het nog 'n laag room bo-op. Jy kyk nie twee keer of jou kar gesluit is nie. Die sonopkoms is onmisbaar mooi.

Hier is tyd en plek vir die Here

Troues - Blomme

Verwysings - van ons handewerk

Elke foto is ’n Album van blomme wat ons reeds gedoen het by troues. Let daarop dat ons enigeiets kan maak volgens u begroting. 

Nog Albums volg binnekort.

aa%20Troues

9 Feb Silver Sixpence
Jolinda & Martin

Kliek om nog fotos te sien

a%209%20Feb%20Silver%20Sixpence

23 Feb Silver Sixpence
Simonne & Matt

Kliek om nog fotos te sien

b%2023%20Feb%20Silver%20Sixpence

2 MAART
Monique & Duard

Kliek om nog fotos te sien

c%20Monique%20en%20Duard%2002%20Maart

23 March SILVER SIXPENCE
Taryn and Nick

Kliek om nog fotos te sien

d%20Troues

30 March SILVER SIXPENCE
Mark and Jess

Kliek om nog fotos te sien

e%20troues

6 April PERDEKRAAL WEDDING VENUE
Charlene en Riaan

Kliek om nog fotos te sien

f%20troues

7 April FLORENCE GUEST FARM
Anwen en Dewaldt

Kliek om nog fotos te sien

g%20troues

APRIL 14 - The Silver Sixpence Wedding Venue
René en Lourens

Kliek om nog fotos te sien

h%20troues

April 14 - Florence Guest Farm
Judi en André

Kliek om nog fotos te sien

i%20troues

MAY 4 - The Silver Sixpence Wedding Venue
Shannin & Taylor

Kliek om nog fotos te sien

j%20troues

Florence Guest Farm
Aisling & Shaheen - 1 May

Kliek om nog fotos te sien

k%20troues

Silver Sixpence Wedding Venue
Carina and Alex - 11 May

Kliek om nog fotos te sien

l%20troues

FLORENCE GUEST FARM
Marlise en Johann - 30 june
(gelys by Mooi Troues)

Kliek om nog fotos te sien

l%20troues

Florence Guest Farm
21 January

Kliek om nog fotos te sien

l%20troues

Smitsfield Venue
1 June 2019
(GELYS BY MOOI TROUES)

Kliek om nog fotos te sien

l%20troues

Florence Guest Farm
18 november

Kliek om nog fotos te sien

l%20troues

Kontak ons

open Daagliks  
8AM - 5PM (Ma - vry)
net per afspraak - Weens troues by Venus 
(SAT - SON)

Hoek van Border en Wilgerstraat, ingang in Border straat,
4 Wilger Street, Shop nr 3, Ermelo, Mpumalanga

(Slegs vanaf selfoon)

Susan - 084 793 6986 ( Groothandel)
Truia - 072 774 3316 ( Bloemiste)